Ir para o conteúdo principal

Psalm 105

Salmo aleatório

Vers 1
Loof, loof die HEER van alle here!
Verhoog sy Naam en gee Hom ere,
en bring sover daar volke is,
sy dade in gedagtenis;
en spreek met aandag en ontsag
van al sy wonders, dag aan dag.