Menu mazmur
Psalm 111
Pilih versifikasi untuk dibandingkan
Vers 1

'k Sal met my ganse hart die HEER
met die opregtes loof en eer -
die Gode dankb're duisendtalle.
Sy werk is groot die wêreld deur,
dit word deur almal nagespeur
wat daarin soek 'n welgevalle.Vers 2

Sy dade is enkel majesteit,
aanbiddelike heerlikheid,
en sy geregtigheid onendig.
Sy wonders staan in rots gegrif,
en sy genade in eewge skrif
vir al wie arm is en ellendig.Vers 3

Vir almal wat Hom vrees, het Hy
hul spyse mild'lik toeberei.
Hy is aan sy verbond gedagtig.
Hy het aan hul 'n erfdeel skoon,
'n land gegee om in te woon,
deur dade groot en oppermagtig.Vers 4

Die werk van God is reg en waar:
onwrikbaar-vas, onwankelbaar
wat sy bevel aan ons verkondig;
bevestig is dit in sy stand,
verwerklik word dit deur Gods hand
in trou en regtheid, diep en grondig.Vers 5

Hy het sy volk bevry, bewaak,
vir ewig sy verbond gemaak:
sy Naam is vreeslik, hoog verhewe.
Sy vrees is wysheids-aanbegin.
Kom wandel dan die heilsweg in!
Aan Hom sy ewig lof gegewe.Psalm 111 termasuk dalam Kitab V (Mazmur 107–150) dari Kitab Mazmur. Mazmur haleluya: Diawali atau diakhiri dengan kata Ibrani "Hallelu-Yah" (114, 118 dan 136 tidak termasuk). Mazmur akrostik: Setiap bait dimulai dengan huruf berikutnya dari abjad Ibrani.
Musik: pcorgel.nl