Menu mazmur
Psalm 6
Pilih versifikasi untuk dibandingkan
Vers 1

Wil my, o HEER, nie straf nie,
wys my in toorn nie af nie,
sien my genadig aan;
laat in my teëspoede
'n alte strenge roede
my nie met gramskap slaan!Vers 2

Laat, HEER, u oog in strakheid
nie neersien op my swakheid.
Genees my, merk tog hoe
die smart my siel beswaar het,
die skrik in my gevaar het
tot in my beend're toe.Vers 3

My siel, deur skrik bewoë
smeek om u mededoë;
my hart keer om en om.
In my verbrysling kla ek,
o HEER, hoe lank nog, vra ek,
voor daar verligting kom?Vers 4

Keer weer tot my bevryding,
verlos my uit my lyding,
straal goedheid op my af.
Want daar's geen lofgedagte
vir U in dood se nagte,
geen lofstem in die graf!Vers 5

Hoe moeg is al my lede,
daar ek in bangighede
van geen verposing weet.
Die ganse nag deurweek ek
my bed met trane, smeek ek
om redding uit my leed.Vers 6

My oog is deur my kwale
verdof en sonder strale,
verouderd van geween;
daar ek in my ellende
verdruk word deur 'n bende
van haters om my heen.Vers 7

Wyk weg in julle broosheid,
o werkers van godd'loosheid,
want God kom naderby.
In my geween en smeking,
verbrys'ling en verbreking
verhoor die HERE my.Vers 8

Waar is my teenpartyders?
'n Skrik het my bestryders
verstom en om laat keer.
Hul hoogheid lê aan bande,
'n oogwink - en hul skande
daal op hul koppe neer.Psalm 6 adalah mazmur karya David dan termasuk dalam Kitab I (Mazmur 1–41) dari Kitab Mazmur. Mazmur pertobatan: Tujuh mazmur pertobatan tradisional gereja.
Musik: pcorgel.nl