Menú de salmos
Psalm 124
Elige una versificación para comparar
Vers 1

Laat Israel nou uitroep bly van gees:
Ja, was die HEER nie toe by ons gewees,
toe mensemagte, teen ons aangekant,
ons aangegryp het, in hul toorn ontbrand -
dan was ons lewendig verslind geweesVers 2

Het toe die HEER sy volk nie bygestaan -
toe trotse waters oor ons heen wou slaan,
dan het die vloed vir ons te sterk geword,
dan het hy bruisend oor ons heengestort,
dan het 'n stroom ons oor die siel gegaan.Vers 3

Geloofd sy God: Hy het ons vrygemaak;
die woedende ondier het ons nie genaak;
God het die dodelike sprong gestuit
en ons nie oorgelewer tot 'n buit.
Dies loof ons God: Hy het ons vrygemaak!Vers 4

Die troue HEER het self ons vrygemaak:
die strik is los en ons het vrygeraak,
vry soos 'n voël wat vind sy vryheid weer.
Die eewge God, van alle dinge HEER,
Hy is ons hulp, Hy het ons vrygemaak.Psalm 124 es un salmo de David y pertenece a Libro V (Salmo 107–150) del Salterio. Salmo de las subidas: Lleva el título "Cántico de las subidas".
Música: pcorgel.nl