Menú de salmos
Psalm 130
Elige una versificación para comparar
Vers 1

Uit dieptes, gans verlore,
van redding ver vandaan,
waar hoop se laaste spore
in wan hoop my vergaan;
uit diep van donker nagte
roep ek, o HERE, hoor,
en laat my jammerklagte
tog opklim in u oor!Vers 2

As U, o HEER, die sonde
na reg wou gadeslaan,
wie sou een enk'le stonde
voor U, o HEER, bestaan?
Maar nee, daar is vergewing
altyd by U gewees;
daarom word U met bewing
reg kinderlik gevrees.Vers 3

Soos een wat op die mure
as wagter uitgestel,
gedurigdeur die ure
met sy gedagte tel -
so wag my siel, en sterker,
gedurig op die HEER,
tot Hy, die Ligbewerker,
die nag in daagraad keer.Vers 4

Hoop, Isr'el in jou klagte;
vertrou, o volk, wat treur;
sy guns verduur die nagte,
sy heil breek eind'lik deur.
Dan skyn 'n soete vrede:
gans Israel word vry
van ongeregtighede.
HEER, doen ook so aan my!Psalm 130 pertenece a Libro V (Salmo 107–150) del Salterio. Salmo de las subidas: Lleva el título "Cántico de las subidas". Salmo penitencial: Los siete salmos penitenciales tradicionales de la iglesia.
Música: pcorgel.nl