Menu de salmos
Psalm 127
Escolhe uma versificação para comparar
Vers 1

Laat bouers bou al wat hul kan -
vergeefs is alles wat hul bou,
as God sy hand daaraan onthou.
Vergeefs, o wagte, waak jul dan,
as God jul nie wil gadeslaan,
sy oog nie oor die stadswal gaan.Vers 2
vergeefs die werk-uur lank gemeet
en brood van smart met smart geëet,
God gee, hoe ander ook mag raap,
dit sy bemindes in die slaap.
Vers 3

Seuns is 'n erfdeel van die HEER;
die gawe van die moederskoot
is 'n beloning eind'loos groot.
Soos pyle wat die vyand keer,
so is die seuns 'n bron van vreug,
die seuns gebore uit krag van jeug.Vers 4

Gelukkig wie dit so mag gaan,
wat soos 'n held sy hand kan vul
met sulke pyle; dit is hul
wat nie verleë hoef te staan,
wanneer die vyand in die poort
vermetel spreek sy hoë woord.Psalm 127 é um salmo de Salomo e pertence a Livro V (Salmo 107–150) do Saltério. Cântico dos degraus: Tem o título "Cântico dos degraus".
Música: pcorgel.nl