Menu de salmos
Psalm 131
Escolhe uma versificação para comparar
Vers 1

My hart is nie hoogmoedig, HEER!
My oog nie trots nie ; ek verkeer,
ek wandel nie in wat te groot,
te diep is vir u gunsgenoot.Vers 2

Voorwaar my siel is in my stil,
weer een met God se heil'ge wil.
Net soos 'n kind, tevrede by
sy moeder, is my siel in my.Vers 3

Laat Isr'el op die HEER vertrou,
sy hoop op Gods ontferming bou,
en stil berus in sy beleid
van nou af tot in ewigheid.Psalm 131 é um salmo de David e pertence a Livro V (Salmo 107–150) do Saltério. Cântico dos degraus: Tem o título "Cântico dos degraus".
Música: pcorgel.nl