Psalmen-Menü
Psalm 54
Wähle eine Nachdichtung zum Vergleich
Vers 1

O God, verlos my deur u Naam,
toon my u mag en rig regvaardig!
HEER, neem my aan, hoeseer onwaardig,
hoeseer tot bidde onbekwaam!
Want vreemdes, teen my opgestaan,
tiranne, aan misdaad oorgegewe,
soek bloedbegerig na my lewe;
Gods hoogheid jaag geen vrees hul aan!Vers 2

Maar ek sal op u bystand bou:
U sal hul op die oorlogsvelde
die kwaad, my aangedoen, vergelde.
Vernietig hulle in u trou!
Dus sal 'k met vreug in my gemoed
gewillig aan U offer, HERE;
ek sing my lof, u Naam ter ere,
want, HEER, u Naam alleen is goed.Vers 3
U Naam, gedug bó vestingwalle,
laat nou my oog met welgevalle
die oordeelstraf van God aanskou.
Psalm 54 ist ein Psalm von David und gehört zu Buch II (Psalm 42–72) des Psalters.
Musik: pcorgel.nl