Psalmen-Menü
Psalm 149
Wähle eine Nachdichtung zum Vergleich
Vers 1

Sing tot die HEER's eer met lof en dank
'n nuwe lied in vergaadringe,
o elkeen van sy gunstelinge –
Isr'elsmaker, lof verklank!
Laat Sion voor sy Koning buig,
voor die HERE van alles oor!
Hul moet sy Naam en roem laat hoor
in psalmsang tot Hom juig,Vers 2

met die siter en trommelslae!
Die HEER het sy volk weer guns betoon
en sagmoediges met heil gekroon
uit vrye welbehae.
Laat hulle juig in staat van eer,
juig daar waar hulle op hul bed
weleer van lyding gesug het!
Uit hul keel sing Gods eer,Vers 3

die slagswaard in hulle hand gestaan,
tot die strafgerigte ontwakend!
Selfs konings is in kettings gebind,
eedles, in die boei geslaan,
is nou magt'loos krygsgevange.
Die eeu'-ou' oordeel word voltrek;
die HEER 't sy volk met roem oordek.
Loof Hom, my psalmsange!Psalm 149 gehört zu Buch V (Psalm 107–150) des Psalters. Halleluja-Psalm: Beginnt oder endet mit dem hebräischen "Hallelu-Jah" (114, 118 und 136 zählen nicht dazu).
Musik: pcorgel.nl