Psalms menu
Psalm 101
Choose a versification to compare
Vers 1

Ek wil in my lied van reg èn goedheid sing
en aan U daarvoor my hoogste hulde bring.
Opregtheid sal ek, HEER, bo alles ag,
en U verwag.Vers 2

My wandel, hier waar ek in my huis verkeer,
was van harte opreg, om U reg te eer;
my strewe altyd hoog, bedagsaam, reg,
van laagheid wég.Vers 3

Verkeerde hart, moet ver bly van my vandaan!
Ek roei hulle uit wat slimme gange gaan
van lasterpraat. Die trots van hart en oog
sal 'k nooit gedoog.Vers 4

My oë sal wees op wie opreg en trou
die regte spoor van God se bevel wil hou;
hy is my vriend en dienaar wat wil gaan
my agteraan.Vers 5

Hy wat op die pad van lis en leuens gaan,
sal voor my oë en ywer nie bestaan:
my huis sal vir die waarheid allermees
'n vesting wees.Vers 6

Ywerig sal ek met „n gestrenge hand
Goddeloses daagliks uitdelg uit die land,
sodat die Godstad welbewaak en vry
van onreg bly.Psalm 101 is a psalm of David and belongs to Book IV (Psalm 90–106) of the Psalter.
Music: pcorgel.nl