Psalms menu
Psalm 113
Choose a versification to compare
Vers 1

Hef aan, Gods knegte, loof verblyd,
van nou af tot in ewigheid,
die Naam en roem van God die HERE.
Bring Hom van waar die môre straal,
tot waar die sonlig saans weer daal,
die lof, aanbidding, prys en ere!Vers 2

Die HEER wat in die hemel woon,
wat bo die wêreldvolke troon,
is hoog, met heerlikheid omgewe.
Ja, wie is hoog soos onse HEER
Nogtans sien Hy genadig neer
op wie voor Hom in kleinheid lewe.Vers 3

Die HEER verhef uit as en stof
geringes, wat Hy tot sy lof
laat woon by prinse in hul paleise.
Hy skenk onvrugbares sy troos
en maak hul moeders van 'n kroos.
Loof God met eer- en dankbewyse!Psalm 113 belongs to Book V (Psalm 107–150) of the Psalter. Egyptian Hallel: Sung at the Passover feast. Hallelujah psalm: Begins or ends with the Hebrew "Hallelu-Jah" (114, 118 and 136 are not included).
Music: pcorgel.nl