Psalmkieslys
Psalm 117
Kies 'n beryming om te vergelyk
Vers 1

Loof, loof die HEER, o heidendom!
O volke, prys sy Naam alom!
Sy goedheid is in nood en dood
vir ons, sy volk, oneindig groot.
Sy waarheid wankel nimmermeer,
Sing, halleluja, sing sy eer!Psalm 117 behoort tot Boek V (Psalm 107–150) van die Psalter. Egiptiese Hallel: Gesing by die Pasgafees. Halleluja-psalm: Begin of eindig met die Hebreeuse "Hallelu-Jah" (114, 118 en 136 val nie hieronder nie).
Musiek: pcorgel.nl