Psalmkieslys
Psalm 123
Kies 'n beryming om te vergelyk
Vers 1

Ek hef tot U wat in die hemel sit,
my oë op en bid.
Net soos die kneg sy oog nie weg wil weer nie,
of aftrek van sy heer nie;
en soos die diensmaagd smekend van haar vrou nie
die oë af kan hou nie -
so staar ons op die HEER tot daar van Hom
oplaas erbarming kom.Vers 2

Wees ons in lydenstyd genadig, HEER,
en red u erfdeel weer!
Ons word, terwyl ons leef in heilsverwagting,
versadig met veragting.
Ons is so moeg van trotsaards en hul smading,
van spot- en skimpversading;
gefolter en verag slaan ons die oog
na U, o God, omhoog.Psalm 123 behoort tot Boek V (Psalm 107–150) van die Psalter. Pelgrimspsalm: Het die opskrif "Lied Hammaäloth" (Lied van die opgange).
Musiek: pcorgel.nl