Psalmkieslys
Psalm 12
Kies 'n beryming om te vergelyk
Vers 1

Red, red, en hoor, o HEER, / geen vrome hier meer;
getrouheid, reeds klein, / het nou heel verdwyn.
Die mens spreek onopreg, / met leuens deurvleg;
van lippe-taal gly, / enkel vleiery.Vers 2

Mag God die lip uitroei / waarvan vleitaal vloei,
die tong onbewaak / wat vry is van spraak.
Hul sê: "Ons tong is sterk, / en slim onbeperk.
Ons lip ons getrou; / wie kan ons weerhou?"Vers 3

"Dié wie verkwyn in druk / – sug in ongeluk –
sal Ek nou verweer, / hul red," sê die HEER.
Die woorde van die HEER / is gelouterd meer
as suiwer metaal, / gerein' sewe maal.Vers 4
as lis triomfeer / dan waaksorg die HEER.
Psalm 12 is 'n psalm van David en behoort tot Boek I (Psalm 1–41) van die Psalter.
Musiek: pcorgel.nl