Psalmkieslys
Psalm 134
Kies 'n beryming om te vergelyk
Vers 1

O priesters, wat voor God bly staan,
wanneer die sonlig ondergaan,
wanneer die laaste straal verskiet -
o loof die HEER in sang en lied!Vers 2

O hef vir ons 'n naglied aan,
wanneer ons weer van hier moet gaan;
hef priesterlike hande en pleit,
as alles rus in donkerheid.Vers 3

Die HEER se seen sal met u gaan,
en ons sal biddend voor Hom staan.
Hy wat beveel en - dit geskied,
Hy sal sy seen oor u gebied.Vers 4

Laat, HEER, u seën op hul daal,
u guns uit Sion hul bestraal!
U wat beveel en - dit geskied,
wil, HEER, u seen oor hul gebied!Psalm 134 behoort tot Boek V (Psalm 107–150) van die Psalter. Pelgrimspsalm: Het die opskrif "Lied Hammaäloth" (Lied van die opgange).
Musiek: pcorgel.nl