Psalmkieslys
Psalm 121
Kies 'n beryming om te vergelyk
Vers 1

Ek hef my oë bergwaarts heen
en staar die ure om,
tot my verlossing kom.
My hulp is van die HEER alleen.
Hy, oor my lot bewoë,
is eind'loos in vermoëVers 2

Bedreig gevaar jou reispad ooit -
Hy is dit wat jou voet
vir wankeling behoed.
Hy, Isr'els wagter, sluimer nooit.
Die HEER is jou ontfermer,
jou skadu en beskermer.Vers 3

Die son wat bo jou trekpad staan,
sal jou nie steek by dag;
die maan ook nie by nag.
Die HEER sal met jou samegaan.
Hy, Israels ontfermer,
is altyd jou beskermer.Vers 4

Die HEER sal jou bly gadeslaan;
in onheil en gevaar
sal Hy jou siel bewaar.
Wanneer jy uit of in mag gaan -
Hy, Israels ontfermer,
is ewig jou beskermer.Psalm 121 behoort tot Boek V (Psalm 107–150) van die Psalter. Pelgrimspsalm: Het die opskrif "Lied Hammaäloth" (Lied van die opgange).
Musiek: pcorgel.nl