Psalmen menu
Psalm 100
Kies een berijming om te vergelijken
Vers 1

Juig, al wat leef, juig voor die HEER!
Dien God met blydskap, gee Hom eer;
kom nader voor sy aangesig,
en prys Hom met 'n lofgedig!Vers 2

Die HEER is God, erken dat Hy
'n eie volk vir Hom berei,
'n volk om Hom te dien en vrees
en skape van sy wei te wees.Vers 3

Gaan deur sy poorte in met lof,
met lofsang in sy tempelhof;
kom in sy huis, o bondsvolk, saam;
verhef sy lof en prys sy Naam.Vers 4

Want goedertieren is die HEER;
sy goedheid eindig nimmermeer;
sy trou en waarheid hou hul krag
tot in die laaste nageslag.Psalm 100 behoort tot Boek IV (Psalm 90–106) van het Psalter.
Muziek: pcorgel.nl