Psalm 88
Vers 1
Ek roep tot U, o HERE God,
op wie my hoop en my heil bly staan,
wanneer daardie blye son oor my
heen òf opkom òf ondergaan.
As ek my gebede tot U bid,
en dit opklim tot by u oor aan –
Vers 2
ag, sluit dan nie u hart vir my,
maar wil wel my smekinge hoor gou!
In my is my siel erg sat en siek,
daarom klaag en kerm ek só nou;
dit is of ek voor my eie oog
die doderyk alreeds hier aanskou.
Vers 3
Ek word selfs gereken by dié
wat in die grafkuil daal en verdwyn.
Ek voel my nietig en sonder krag,
terwyl ek steeds in onmag kwyn.
Soos'n deurboorde van swaard is ek,
deur U vergeet, ver van u aanskyn;
Vers 4
'n dooie in die graf alleen,
verslaande, waar niemand meer van wis;
en soos 'n dooie in wie daar nou
geheel geen lewenshoop meer is,
wat daar in die see verdronke lê,
daaronder in diepe duisternis.
Vers 5
U grimmigheid rus op my swaar
op my wat reeds ellendig is, HEER!
U golwe slaan teen my, ry aan ry,
en druk my steeds weer dieper neer.
My vriende en kennisse, hul wat
vriende en kennisse was weleer,
Vers 6
hul vlug uit afsku weg van my
en toon nou nie meer vriendskaplikheid.
Soos hom wat is 'n gevangene,
so is ek toe- en ingesluit;
my oog versmag in my ellende;
dit voel ek kom daar nooit nie weer uit.
Vers 7
Maar nou, o HEER, wat is my God,
verhef ek en brei uit in geklag
smekende my hande na omhoog
en roep U aan die ganse dag.
Kan U aan die dooies wonders doen
dié wat al vergaan het na die nag?
Vers 8
Of kan 'n skim voor U verrys
en psalmsing tot u lof nog 'n keer?
Sal hulle wat al is in die graf
u goedertierenheid vereer? –
u trou vertel in die donker plek,
waar die verderf ewiglik verteer?
Vers 9
Kan daar ooit word u wondermag
rigbaar en bekend in duisternis?
Kan u geregtigheid ooit word herdenk,
daar waar daar geen gedagte is?
Maar ék, o HERE, ek roep U aan,
ek swyg nie saam met dooie dieptes;
Vers 10
en in die vroeë môre kom
my stem se smeekgebed U naby.
Waarom dan, HERE, my siel verstoot
so geheel sonder medely?
Waarom verberg U nog langer dan
die heil van u aangesig vir my?
Vers 11
Vanaf my vroegste vroeë jeug,
is ek ellendig, verdruk gewees;
en altyd het ek 'n ramp verduur,
òf altyd vir 'n ramp gevrees.
U toorn dié verskrik my steeds , o HEER,
ek is radeloos, geblus my gees;
Vers 12
ek sien u toorn soos waters kom
om oor my toe te maak deel vir deel.
Die hele dag rol waters om my,
wat my nou al ombruis geheel,
en my omsingel in hoë vloed
en teen my opreik tot aan my keel.
Vers 13
U het vriende en metgesel
elk ver weg verwyder af van my;
bekendes – hulle is almal weg,
en duisternis – dis my naby!