Psalm 93
Vers 1
Die HEER regeer. Die kleed van heerlikheid
wat Hom omstraal, is enkel majesteit.
En deur sy krag, wat enkel triomfeer,
hou alles stand, dit wankel nimmermeer.
Vers 2
U troon, o HEER, het ewig vasgestaan.
U is de HEER van ewigheid af aan.
Rivier en meer het woedend opgebruis,
hul hoog gehef, geklots met groot gedruis.
Vers 3
Maar oor hul, in die hoogte, sit die HEER,
geweldiger as vloed van storm en meer,
geweldiger as golwe van die see
as Hy van bo sy stormbevele gee.
Vers 4
Al u getuig'nis, HEER, is gans getrou,
beloftewoord sal U vir altyd hou.
U tempel sal, wat ook om ons vergaan,
net soos u trou, onskendbaar bly bestaan.