Psalmen menu
Psalm 142
Kies een berijming om te vergelijken
Vers 1

Ek roep tot God met groot geluid;
ek stort my klag soos water uit;
ek klaag my node in Gods oor,
want Hy sal my gebed verhoor.Vers 2

Wanneer my gees van druk versmag,
ken U my pad in lydensnag.
Hul het hul vangnet, HEER, vir my
arglistig op my weg gesprei.Vers 3

Na regs wend ek my oë - en
daar's niemand wat my nou wil ken;
daar's nou vir my geen toevlug meer,
en niemand sorg vir my, o HEER!Vers 4

Wat dan? Ek wend my tot U heen;
U is my skuilplek, U alleen.
U is, so lank ek leef, my deel,
dié God aan wie ek my beveel.Vers 5

Hoor in die nood my roepstem, HEER,
want ek is swak en uitgeteer;
maak my van my vervolgers vry,
want hul getal oorweldig my.Vers 6

Voer my uit die gevangenis
waarin my siel gekerker is;
dan sal 'n skare my omring
en vrolik van u weldaad sing.Psalm 142 is een psalm van David en behoort tot Boek V (Psalm 107–150) van het Psalter.
Muziek: pcorgel.nl