Psalmen menu
Psalm 110
Kies een berijming om te vergelijken
Vers 1

Die HEER is dit wat tot my HEER gespreek het:
"Sit aan my regterhand as hoogste HEER,
tot Ek u vyand in sy mag gebreek het,
hom werp as voetbank voor u voete neer.Vers 2

"Aan U, so hoog in heerlikheid verhewe,
gee Ek uit Sion, waar U sit ten troon,
die heerserstaf oor wie u mag weerstrewe.
Sprei voor hul oog u heerskappy ten toon!"Vers 3

U volk, gereed tot dapper krygsmansdade,
sal met U uittrek in die dag van stryd.
Hul sal verskyn in heil'ge feesgewade,
in diensplig een en al gewilligheid.Vers 4

Die frisse dou, deur môreglans omtower,
wanneer die son net oor die kimlyn gaan,
word nie so dig gevind op kruid en lower
as wat die jonge manskap om U staan.Vers 5

Groot-Priester wat die HEER so hoog geëer het
dat U kan opstyg tot die hoogste trap -
U is dit na die eed wat God gesweer het,
na Melgisedeks eewge priesterskap!Vers 6

Die HEER wat dit van U, sy Vors, voorspel het -
sy moondheid sal met U ten stryde gaan;
en konings wat hul teen U opgestel het,
sal Hy wat saam trek, in sy toorn verslaan.Vers 7

Hy sal, wanneer sy ywervuur gewek is,
die nasies slaan met 'n gedugte hand,
totdat die veld met lyke gans oordek is
en hy moet swig, die grootvors van die land.Vers 8

Gods Grootvors sal, omdat Hy dors gely het
so het Hy hul gejaag in somertyd! -
buk by die beek as Hy die stryd volstry het,
en dan sy hoof hoog ophef na die stryd.Psalm 110 is een psalm van David en behoort tot Boek V (Psalm 107–150) van het Psalter.
Muziek: pcorgel.nl