Psalm 117
Vers 1
Loof, loof die HEER, o heidendom!
O volke, prys sy Naam alom!
Sy goedheid is in nood en dood
vir ons, sy volk, oneindig groot.
Sy waarheid wankel nimmermeer,
Sing, halleluja, sing sy eer!