Psalm 137
Vers 1
Aan die riviere, ja, daar het ons gesit,
daar by Babelstad en daar het ons geween,
as swerfgedagte in ons hartseer wek,
ons hart met 'n punt trek na Sion heen.
Ons het aan die wilgerbome, wat is daar,
al ons siters opgehang, so een-vir-een.
Vers 2
Want hulle by wie ons slawe was, dié het
'n vreugde-lied van ons verlang vir die oor;
ja, hulle wat ons onderdruk het, wou
van ons 'n ruisende feesgesang hoor:
"Kom en sing vir ons dan nou 'n Sionslied,
sing ons 'n tempellofsang dawerend voor!"
Vers 3
Die HERE se lied in hierdie vreemde land! –
ons kan dit wel hier tog onmoontlik nou sing.
Terwyl ons rou en treur, sal Sion leef
in ons hart en diepste herinnering!
My regterhand, dié sal weier om te speel
voordat ek ooit, ontrou in binne-roering,
Vers 4
my Jerusalemstad ooit sal kan vergeet.
Nee, ek sal, ék sal onthou en daarvan weet.
My tong sal aan my verhemelte kleef
as ek jou, Jerusalem, ooit vergeet,
en jou nie verhef en loof bo wat ek hier
as my hoogste bron van vreugde sal kan heet.
Vers 5
O HERE, vergeld aan Edomskinders tog
die bitter dag van Jerusalem se nood,
toe hulle gesê het: "Kom, ontbloot dit
en breek dit af tot die grond toe, ontbloot!"
O dogter van Babel, wat verwoes sal word,
gelukkig prys ek hom wat met magsdaad groot,
Vers 6
jou gruweldaad wat jy ons het aangedoen,
jou sal vergeld en weer op jou neer laat bots.
Jy wat in Sion elke vrou en kind
vermoor-verdelg het voor jou wrede knots –
mag hy gelukkig wees wat dan nou jóú kroos
gryp en húlle wel verpletter teen die rots.