Psalmen menu
Psalm 87
Kies een berijming om te vergelijken
Vers 1

Hoe grondvas staan Jerusalem se walle,
Gods eewge bergwerk wat nie skok of skud!
Bo al die Jakobswonings, huis of hut,
het God aan Sions poorte-'n welgevalle.Vers 2

O koninklike stad, maak wyd jou woning:
God self wil jou laat groei op grootser wys,
en wat ek hoor, is lof, jou naam tot prys;
die vyand selfs kom nou met eerbetoning.Vers 3

Egipte, Babel, Filistyn en More,
ook Tirus ken my Naam as hoogste skat.
Hul almal noem jou nou die moederstad.
Ek sien hul: Dié en dié is daar gebore!Vers 4

Hul almal, nou tot nuwe heil verkore,
sal kom, selfs uit die allerverste land.
Hul sien God hou die moederstad in stand
en jubel: Die en die is daar gebore!Vers 5

Die HEER self skryf hul op, die duisendtalle,
een-een, gebore uit die volkeskaar;
en singend, juigend klink die lofstem daar:
Ons heilsfontein stroom neer uit Sions walle!Psalm 87 is een psalm van Korach en behoort tot Boek III (Psalm 73–89) van het Psalter.
Muziek: pcorgel.nl