Psalmen menu
Psalm 15
Kies een berijming om te vergelijken
Vers 1

Wie styg so hoog in heil en eer,
dat hy met U, die grote Koning,
met U, die allerhoogste HEER,
kan op u heil'ge berg verkeer
en intrek in u heil'ge woning?Vers 2

Dié wat, opreg in sy gemoed,
na Gods verhewe eis wil handel,
hom vir bedrog en leuen hoed;
en is dit voor- of teëspoed,
die waarheid spreek in hart en wandel.Vers 3

Dié wat nie steun op agterklap,
geen kwaad doen aan sy metgesel nie;
nie uit verborge vyandskap
met laster op die lippe stap,
en dit nie aanhoor of vertel nie.Vers 4

Dié wat hom van die manne keer
wat God en sy bevel nie vrees nie;
maar die godvrugtiges wil eer,
en in sy eed nie valslik sweer,
of aan sy woord ontrou wil wees nie.Vers 5

Dié wat geen hoop op roof wil stel
en woekerwinste nie begeer nie,
geen omkoopgeld hom af laat tel
om wie onskuldig is, te kwel -
hy sal nie wankel immermeer nie.Psalm 15 is een psalm van David en behoort tot Boek I (Psalm 1–41) van het Psalter.
Muziek: pcorgel.nl