Psalmen menu
Psalm 112
Kies een berijming om te vergelijken
Vers 1

Welgeluksalig is daardie man
wat die HERE met heel sy hart vrees;
welsalig is hy wat in sy wet
en gebooie welgevalle het.
So 'n man se nageslag sal groot
en geweldig wees op die aarde;Vers 2

die opregtes sal van kind tot kind
wel 'n seën en 'n erfdeel vind.
Ja, by hom is rykdom en oorvloed
altyddeur bestendig in sy huis;
en duursaam is sy geregtigheid
van nou af en tot in ewigheid.Vers 3

Vir die opregte is die HERE
'n lig in duister en donkerheid:
ja, genadig en barmhartig is
die HERE wat regverdig beslis.
Gelukkig is daardie man wat hom
ontferm en aan ander uit wil leenVers 4

en wat nooit by voorspoed en geluk
sy naaste en skuldenaar verdruk.
Hy sal nimmermeer wankel nie, nee,
maar sal altyd vas bly soos 'n rots,
dat so 'n man se gedagtenis
ewig en altyd 'n seën is.Vers 5

Hy sal nooit nie vrees nie, vir wanneer
slegte tyding op 'n skokgolf kom:
sy hart, berustend in die HEER's wil,
dié is en bly in hom sterk en stil.
Sy hart is altyd vas, en geen skrik
of skok sal hom ooit hoef te ontroer,Vers 6

totdat sy oog, van triomf bewus,
op sy teëstanders neer sal rus.
Aan die mense wat behoeftig is,
aan hulle strooi hy sy gawes uit;
God se heil verlaat hom nimmermeer;
en sy horing klim in mag en eer.Vers 7
en smelt daarna, tandeknersend, weg;
met nyd vererg sien die skouspel aan:
want wat hy begeer – dit sal vergaan!
Psalm 112 behoort tot Boek V (Psalm 107–150) van het Psalter. Halleluja-psalm: Begint of eindigt met het Hebreeuwse "Hallelu-Jah" (114, 118 en 136 vallen hier niet onder). Acrostische psalm: Elke strofe begint met een opvolgende letter van het Hebreeuwse alfabet.
Muziek: pcorgel.nl