Psalmen menu
Psalm 20
Kies een berijming om te vergelijken
Vers 1

O, mag die HERE u tog verhoor
in dag van nood en stryd!
En mag die Naam van Jakob se God
u dek in oorlogstyd!
Mag Hy u sy heil en bystand stuur
uit die hoë heiligdom,
en u uit Sion uit ondersteun,
van waar u hulp steeds sal kom.Vers 2

Mag Hy weer aan al u offers dink
van fynste spys, en nou
u offerbrand wat tot voor Hom geur,
met welgevall' aanskou!
Mag Hy, die ryke God, aan u gee
alles wat u hart verlang!
En vervulling van wat u beraam –
mag u sulke guns ontvang!Vers 3

Ons wil saam oor u oorwinning juig –
die vaandels jubel mee!
Ons loof die Naam van die HEER ons God.
Mag Hy u wens u gee!
Nou weet ek weer dat die HERE sy
gesalfde steeds sal verhoor;
uit heilige hemel antwoord Hy,
tot magsdaad toe aangespoor.Vers 4

Daar is wat op hul strydwaens roem,
op oorlogsperde trots;
ons sal roem op die HERE ons God,
ons toeverlaat en rots.
Hul almal het inmekaargesak,
geval en voor ons geswig;
maar ons, óns het kragvol opgestaan
en só ons weer opgerig.Vers 5
en sterk hom in die stryd!
Verhoor ons wanneer ons tot U roep
in druk en oorlogstyd!
Psalm 20 is een psalm van David en behoort tot Boek I (Psalm 1–41) van het Psalter.
Muziek: pcorgel.nl