Psalmen menu
Psalm 140
Kies een berijming om te vergelijken
Vers 1

O HERE, verlos my van die man
wat heil soek in geweld en kwaad,
wat sy hart en hand laat samespan
tot stryd en Goddelose daad.Vers 2

Hulle maak hul tong skerp soos 'n slang,
vol gif van adders is hul mond.
Help my, dat die manne my nie vang
wat my wil neerwerp teen die grond.Vers 3

Die trotsaard loer al reeds op my gang:
digby my voet, daar lê sy net!
Ek móét daarin en ek word gevang
as U, o God, dit nie belet.Vers 4

Ek het toe tot die HERE gespreek:
U is my God, wat my verhoor.
Ag, luister tog dan wanneer ek smeek,
en neig tot my geroep u oor!Vers 5

O HERE, in wie my heil sy stut,
my lewe sy gewisheid het –
U is wat my hoof altyd beskut
en in die stryd my val belet.Vers 6

Laat dit die bose nooit nie geluk,
maar stuit sy hand voor hy my tref
en verhinder tog sy gruwelstuk,
sodat hy hom nie trots verhef.Vers 7

Die aanstigters van die leuenwerk,
wat steun op lis en slinkse taal –
mag vergelding, wat is vol en sterk,
nou op hul hoofde neer kom daal.Vers 8

Werp vurige kole op hul af,
laat vlamme om hul lende slaan;
'n diepe kuil – maak dit hulle graf
waaruit hul nooit weer op sal staan!Vers 9

Kwaad en trouelose nietigheid
van leuenaars hou nimmer stand;
geweldenaars het maar korte tyd
en onheil jaag die dwingeland.Vers 10

Die HERE sal, dit is wat ek weet,
die regsaak van die arme rig;
in druk sal Hy hom nooit nie vergeet,
maar hom die lydenslas verlig.Vers 11

Sekerlik, regverdiges sal, vry
van smaad, U loof op hoë toon,
opregtes sal nie meer onreg ly,
maar veilig voor u aanskyn woon.Psalm 140 is een psalm van David en behoort tot Boek V (Psalm 107–150) van het Psalter.
Muziek: pcorgel.nl