Psalmen menu
Psalm 143
Kies een berijming om te vergelijken
Vers 1

O HEER, ek roep, hoor my gebede.
Daar is in my geen stilte of vrede!
Ek smeek tot U, o hoor my nou!
Ek pleit op u geregtighede,
en ek verlaat my op u trou.Vers 2

Ag, reken met u kneg nie af nie,
en wil my na u wet nie straf nie;
want niemand wat voor U bestaan,
kan pleit-of regsgrond ooit verskaf nie,
dat hy u vonnis sou ontgaan.Vers 3

Die vyand volg my op my skrede,
hy trap my afgesloofe lede
en laat my woon in duisternis,
soos een wat dood is, lank gelede
uit die herinn'ring uitgewis.Vers 4

My gees versmag by so 'n benouing,
my hart verstyf by die aanskouing;
en ek herdenk die beter dag
van u genadige aanskouing
van redding deur u wondermag.Vers 5

Ek hef my hande na die hoë,
ek kwyn voor U in onvermoë
net soos 'n dorstige akkerland,
wat in die son lê uit te droë
en gloei in hitte en somerbrand.Vers 6

Verhoor my, HEER; wil nie meer wag nie;
en laat my gees tog nie versmag nie!
Verberg u aanskyn nie vir my,
dat ek soos die nie word geag nie
wat in die kuil het afgegly!Vers 7

Laat by die eerste môreglore
u goedheid fluister in my ore!
Op U vertrou ek, laat my tref
die veil'ge pad en regte spore,
daar ek my siel tot U verhef!Vers 8

Verlos my, HEER, van hinderlae;
en wil my leer u welbehae.
Ek skuil by U, vat U my hand,
en laat u Gees in al my dae
my voortlei in 'n veil'ge land.Vers 9

Laat hier u guns my nooit begewe;
skenk om U selfs wil my die lewe!
En laat my siel weer wees verblyd,
van sy benoudheid wees onthewe.
Ek pleit op u geregtigheid.Vers 10

Laat dit die vyand nooit geluk nie.
Vernietig hul, laat my nie buk nie;
bring almal om wat my beveg.
Laat hulle nie meer my verdruk nie,
want, HEER, ek is, ek is u kneg!Psalm 143 is een psalm van David en behoort tot Boek V (Psalm 107–150) van het Psalter. Boetpsalm: Zeven traditionele boetpsalmen van de kerk.
Muziek: pcorgel.nl