Psalm 120
Vers 1
As hoë nood by daa en nagte
en die storme van alle sye
dreigende kom op alle tye,
dan verhef ek op my gedagte,
send God klagte oor bitter wonde,
want die HERE neem dit gunstig aan.
Red my, HEER, uit waarin ek staan
van die tong en leuenmonde
Vers 2
wat my smaad en spot in my verdriet.
Watter straf keur God aan jou waardig,
o lastertong wat my so vaardig
met lastertaal gedurig beskiet?
Pyle ylings uit besembosse
van die staalsterke heldeboë
gemik uit dodelik' oë,
saam met vuurstraal uit die rosse
Vers 3
kolegloed van besembosgerwe –
dit is wel jou loon, o valse tong!
Wee my, dat ek moet gee vlugtend' sprong
waar my sielerus weg moet sterwe
by hulle wat steeds die vrede haat;
by 'n volk wat, wanneer my rede
spreek van vriendskap en van vrede,
des te meer steeds van oorlog praat.