Psalm 82
Vers 1
God daag in 'n regsvergadering
die maghebbers tot sy strafgeding:
"Hoe lank sal jul geen onreg vrees,
partydig vir die bose wees?
Doen reg aan wie in ellend' en druk,
verweesd in armoed' terneer moet buk;
bied aan die swakkes onderstand
en red uit Goddelose hand."
Vers 2
Van regdoen het hulle geen verstand:
hulle tas soos blindes na die wand.
Die aard' se grondves word onvas!
"Jul 's gode, ja, my seuns, " dit was
my eie woord. "Nogtans – julle sal
sterwe en soos alle vorste val."
Staan op, o God, oordeel rondom!
Al die nasies 's u eiendom.