Psalm 96
Vers 1
Sing vir die HERE 'n nuwe lied!
Selfs die aarde se verste perke
moet saam jubel oor sy werke,
en Hom die lof en hulde bied,
daagliks, oor heil wat Hy oor ons giet.
Vers 2
Verkondig dan nou sy roem en eer
by al die nasies, vertel onder
die volke: sterkte en wonder;
want groot, lofwaardig is die HEER.
Vreeslik bo al die gode 's sy eer.
Vers 3
Die gode wat die volke aanbid,
is afgode nietig, onmagtig.
Slegs die HEER is skeppingskragtig:
die hemel daar – sy werk is dit!
Voor Hom 's majesteit, heerlikheid wit.
Vers 4
By Hom is sterkte en sieraad; daar
is mag gestel en pragvertoning,
daar waar God sit in sy woning.
Gee dan, geslagt' en volkeskaar,
gee eer aan ons HEER, so wonderbaar.
Vers 5
Gee aan die HEER se Naam hoogste eer.
Kom en bring aan, uit alle lande,
in sy tempel, offerande;
buig daar in heil'ge kleding neer!
Die ganse aard' moet beef voor die HEER.
Vers 6
Verkondig dan nou van mond tot mond:
dat oor alles wat is, regeer Hy,
dat oor onreg triomfeer Hy –
dus is die wêreld vas gegrond,
en sal volke reg, geoordeel word.
Vers 7
Laat dan nou die aarde juig van vreug!
Laat juig en bly wees, die hoo hemel,
die see en wat daarin wemel!
Laat al die velde hul verheug!
Boom en bos voor Hom, jubel-beweeg.
Vers 8
Laat aarde en hemel juig voor Hom!
Want dit is Hy, die Wêreldregter,
Hy, die strenge Saakbeslegter,
groot in geregtigheid, Hy kom!
Trou, sy strafgerigte hou, Hy kom!