Psalmen menu
Psalm 150
Kies een berijming om te vergelijken
Vers 1

Loof God, loof sy Naam alom!
Loof Hom in sy heiligdom!
Loof die HEER se grote mag
in die hemel van sy krag!
Loof Hom om sy moëndhede,
om die menigvuldigheid
van sy mag en majesteit -
voor sy troon en hier benede!Vers 2

Loof God met basuingeklank!
Gee Hom eer, bewys Hom dank!
Loof Hom met die harp en luit!
Loof Hom met die trom en fluit!
Loof Hom met die blye snare!
Al wat klank het - laat dit hoor,
laat dit opklink uit die koor
van 'n juigend-blye skare!Vers 3

Loof God - dit is sy bevel -
met die helder simbelspel!
Loof Hom met die klinkmetaal
van die vrolike simbaal!
Loof die HEER en gee Hom ere -
al wat kruip en roer en sweef,
al wat asem het en leef!
Halleluja, loof die HERE!Psalm 150 behoort tot Boek V (Psalm 107–150) van het Psalter. Halleluja-psalm: Begint of eindigt met het Hebreeuwse "Hallelu-Jah" (114, 118 en 136 vallen hier niet onder).
Muziek: pcorgel.nl