Psalmen menu
Psalm 52
Kies een berijming om te vergelijken
Vers 1

Wat roem jy, wreedaard, so hooghartig?
Gods guns duur vir my voort!
Jou tong is vlymend soos 'n skeermes,
net valsheid is jou woord.
Net kwaad, geen goed; net leu'ns, geen reg -
dit is jou woord en weg.Vers 2
o tong, aan tug ontwend!
God sal jou neerwerp, wegruk ewig,
jou uitsleep uit jou tent,
ontwortel totdat daar van jou geen wortelvesel hou.
Vers 3

Opregtes sal dit sien en huiwer,
en - oor die trotsaard lag:
"Kyk nou die man wat in sy hoogheid,
die hulp van God verag;
wat steun op rykdom sonder perk,
in roofbegeerte sterk!Vers 4

Maar ék sal wees soos groen olywe,
en, in Gods huis geplant,
vertrou ek op sy guns vir ewig,
my steun en onderstand.
En singend wag ek op sy Naam,
met al Gods gunsvolk saam.Psalm 52 is een psalm van David en behoort tot Boek II (Psalm 42–72) van het Psalter.
Muziek: pcorgel.nl