Psalmen menu
Psalm 70
Kies een berijming om te vergelijken
Vers 1

O God, my Hulp in nood, help nou!
O HERE, my Redder, maak tog gou!
Maak hulle beskaamd wat my verdruk
en hunker na my ongeluk.
Laat hulle uitwyk na agter om
en haastig in die skande kom;
laat hul met skaamte rugwaarts gaan
wat met hulle smaad teenoor my staan.Vers 2

Maar laat u volk, van sorge vry,
in U weer vrolik wees en weer bly,
en uitroep by hulle heilgenot:
"Hoe groot, hoe wondergroot is God!"
Maar in my ellende roep ek luid:
"My God, ag, haas U, help my uit!"
U is my hulp, o HEER, by wie
ek bystand versoek. Vertoef tog nie!Psalm 70 is een psalm van David en behoort tot Boek II (Psalm 42–72) van het Psalter.
Muziek: pcorgel.nl