Psalmen menu
Psalm 111
Kies een berijming om te vergelijken
Vers 1

'k Sal met my ganse hart die HEER
met die opregtes loof en eer -
die Gode dankb're duisendtalle.
Sy werk is groot die wêreld deur,
dit word deur almal nagespeur
wat daarin soek 'n welgevalle.Vers 2

Sy dade is enkel majesteit,
aanbiddelike heerlikheid,
en sy geregtigheid onendig.
Sy wonders staan in rots gegrif,
en sy genade in eewge skrif
vir al wie arm is en ellendig.Vers 3

Vir almal wat Hom vrees, het Hy
hul spyse mild'lik toeberei.
Hy is aan sy verbond gedagtig.
Hy het aan hul 'n erfdeel skoon,
'n land gegee om in te woon,
deur dade groot en oppermagtig.Vers 4

Die werk van God is reg en waar:
onwrikbaar-vas, onwankelbaar
wat sy bevel aan ons verkondig;
bevestig is dit in sy stand,
verwerklik word dit deur Gods hand
in trou en regtheid, diep en grondig.Vers 5

Hy het sy volk bevry, bewaak,
vir ewig sy verbond gemaak:
sy Naam is vreeslik, hoog verhewe.
Sy vrees is wysheids-aanbegin.
Kom wandel dan die heilsweg in!
Aan Hom sy ewig lof gegewe.Psalm 111 behoort tot Boek V (Psalm 107–150) van het Psalter. Halleluja-psalm: Begint of eindigt met het Hebreeuwse "Hallelu-Jah" (114, 118 en 136 vallen hier niet onder). Acrostische psalm: Elke strofe begint met een opvolgende letter van het Hebreeuwse alfabet.
Muziek: pcorgel.nl